Logo

Mascarpone-tertjies met geroosterde druiwe – Nataniël. Erik. Wolf

19 Desember

6 tertjies van 11 cm deursnee

Gebak

Maak gerus dié tertjies die volgende keer wanneer jy iemand moet beïndruk. 

Resep ep 10 nataniel erik wolf
Bestanddele

Vir die druiwe:

600 g pitlose groen en rooi druiwekorrels

1 1/2 e heuning

1/2 t fyn kaneel

Vir die kors:

80 g baie sagte botter

1 e opgehoopte strooisuiker

1 k koekmeel

1/2 k bruismeel

1/4 t fyn kaneel

knippie sout

fyngerasperde skil van 1/2 suurlemoen

Vir die vulsel:

250 g mascarpone

3 e strooisuiker

1 t vanielje-ekstrak (of saadjies van 1/2 vanieljepeul)

1/4 t fyn kaneel

fyngerasperde skil van 1/2 suurlemoen

250 ml vars room

Metode

Kors:

Verroom botter en suiker in mengbak.

Voeg koekmeel, bruismeel, kaneel en sout by en meng tot gladde deeg.

Meng skil by, vorm deegbal, bedek en plaas in yskas vir 30 minute.

Sny deeg in twee helftes en plaas een helfte tussen twee velle bakpapier, rol uit en sny 6 sirkels uit, groot genoeg om 6 losboom tertpannetjies van 11 cm elk te voer.

Sny oortollige deeg af, bedek elke kors met bakpapier en vul met boontjies of bak-albasters.

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 10 minute, verwyder bakpapier en albasters, bak vir ’n verdere 5 minute, laat afkoel en plaas in lugdigte houer tot benodig.

Druiwe:

Meng druiwe met heuning en kaneel.

Voer oondplaat met bakpapier en plaas druiwe bo-op.

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 10 minute.

Laat afkoel, bedek en hou eenkant.

Vulsel:

Plaas mascarpone in mengbak en laat staan vir 20 minute teen kamertemperatuur.

Voeg strooisuiker, vanielje en kaneel by en meng tot romerig en glad

Meng skil by.

Klits room in aparte mengbak tot sagte punte vorm, vou by mascarpone.

Bedek en plaas in yskas tot benodig.

Om te bedien:

Vul elke tertkors met mascarpone-room en maak bokante gelyk.

Rangskik druiwe bo-op elke tertjie en bedrup met enige oorblywende sous.

Eiervrug en kekerertjies Nataniël. Erik. Wolf.
Eiervrug en kekerertjies – Nataniël. Erik. Wolf.
Sub Titel

Eiervrug en kekerertjies – Nataniël. Erik. Wolf.

Gewildste Resepte