Logo

Panbroodjies

27 Desember

12 porsies

Gebak

4

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

PANBROODJIES – Terwyl ek wag
Bestanddele

2 koppies Bruismeel (plus 1 eetlepel)

1 teelepel Seesout

1 eetlepel Suiker

1 koppie Karringmelk

1/4 koppie Druiwepitolie

Om te braai

2 eetlepels Druiwepitolie

2 eetlepels Botter

Metode

Meng bestanddele saam in mengbak

Om te braai:

  • Verhit 1 eetlpl olie en 1eetlpl botter oor lae hitte in dikboompan
  • (gebruik ’n pan met ’n deksel)
  • Skep 6 hopies van 1 eetlpl beslag elk in pan
  • Braai oor lae hitte vir 3 minute
  • Plaas deksel op en braai vir verdere 3 minute
  • Braai broodjies om en braai sonder deksel vir 3 minute
  • Bedek en braai vir finale 3 minute
  • (Beheer hitte om te verhoed dat broodjies brand)

Sit voor met verskeidenheid kase en ingelegde vrugte

Gewildste Resepte