Logo

Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.

26 Desember

Dit maak 4 - 6 porsies

Gebak

'n Bietjie Frans gemeng met 'n bietjie Mediterreens.

Vis, aartapels en sauce vierge
Bestanddele

Vir die aartapels

1kg klein aartappels, driekwart gekook en gehalveer

15 - 20 knoffelhuisies, in kwarte gesny

16 - 20 swart olywe, ontpit en gehalveer

olyfolie

skil van 1 groot suurlemoen, in repe gesny

2 eetlepels pietersielie, gekap

seesout

grofgemaalde swartpeper

Vir die sauce vierge

3 tamaties, saadjies en vloeistof verwyder, dan gekap

2 salotte, gekap

2 eetlepels kappertjiesaad, gekap

1 eetlepel dille

1 eetlepel grasuie

2 eetlepels pietersielie

200ml olyfolie

knippie rissiepoeier

1 eetlepel wit rosyne, gekap

sap van 1 suurlemoen

seesout

grofgemaalde swartpeper

Vir die vis

2kg kabeljou, skelvis of klipvis, skubbe verwyder, in 3 - 4cm snye gesny

4 eetlepels botter

seesout

grofgemaalde swartpeper

15 - 20 jong vars spinasieblare

Metode

Vir die aartapels:

Verhit 6 eetlepels olyfolie in ’n swaarboompot oor medium hitte.

Voeg knoffel by en kook tot sag, ongeveer 6 minute.

Verhoog hitte en voeg suurlemoenskil en aartappels by en kook tot aartappels begin goudbruin raak.

Verminder hitte en voeg olywe by, kook vir 2 minute.

Verwyder van hitte, geur met sout en peper, garneer met pietersielie.

Vir die sauce vierge:

Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak.

Geur met sout en peper na gelang van smaak.

Vir die vis:

Geur vis liggies met sout en peper aan beide kante.

Smelt botter in ’n pan oor medium hitte.

Braai vis vir 3 - 4 minute aan beide kante.

Verwyder van hitte en laat rus vir 2 minute.

Plaas spinasieblare op bodem van opdienbord, plaas vis bo-op, bedek met Sauce Vierge en bedien.

Preie en vinaigrette bedien met geglasuurder salotte
Preie en vinaigrette bedien met geglasuurder salotte – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Preie en vinaigrette bedien met geglasuurder salotte – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte