Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

seisoen

1

Nataniël. Erik. Wolf.

’n Nuwe avontuur met Nataniël en sy broer, Erik le Roux. In die program is kos, kuns, geskiedenis en skoonheid steeds elemente, maar hierdie keer word ’n wêreld van fantasie ook ontdek. 

S1 | E13
08 Januarie 20:00
'S1/E13 of 13'. Daar word afskeid geneem met 'n verskeidenheid kreatiewe projekte,'n terugkeer na die stad van Nantes, e...

Nataniël en Erik wéér saam ná Edik van Nantes

News
06 September 2022
Lees meer hier.
 Nataniël en Erik le Roux

’n Nuwe avontuur met Nataniël en Erik le Roux wag op kykers!

Die Le Roux-broers keer terug met ’n splinternuwe reeks, Nataniël. Erik. Wolf. wat op Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, afskop.

Kospotte, kuns, geskiedenis en skoonheid bly herkenbare elemente, maar hierdie keer word ’n wêreld van fantasie, boosheid, goedheid, wreedheid en redding ontdek.

Nataniël het al menigte van sy projekte begin ná ’n ontdekking op die boekrak. Hierdie keer was dit ’n vergete houer vol illustrasies deur die Franse kunstenaar Gustave Doré (1832 – 1883). Dié heerlike sketse het gelei tot Nataniël se herontdekking van al die sprokies waarmee kinders wêreldwyd grootgemaak word, asook die behoefte om die oorspronklike weergawes – onveranderd deur kommersiële uitgewers of filmmakers – op te spoor.

Uiteindelik is ontwerpers en beeldende kunstenaars – Suid-Afrikaans en Europees – gevra om betrokke te raak en so is Nataniël en sy span vir die eerste keer in drie jaar terug na Nantes, Frankryk.

Hierdie keer het Erik ’n eeue-oue werkswinkel op die gronde van ’n eksentrieke herehuis opgespoor en tussen die bome van ’n groen woud is ’n nuwe reeks vir die kassie gebore.

Kos, kuns, ontwerp, boeke, stories en baie musiek vorm die basis van hierdie 13-episode reeks. Die Steinway-pianis Charl du Plessis het by die groep aangesluit en is in talle episodes (en situasies!) te siene. Oorspronklike musiek deur Nataniël is omskep in ’n opwindende en atmosferiese klankbaan en die twee broers hoop dat kykers sal ontspan, saam lag, saam kook, saam reis, saam ontdek, vrae vra, kwessies aanspreek, inspirasie vind, meegevoer word en vir ’n paar maande elke week met vreugde begin.

Nataniël. Erik. Wolf. begin Sondag 16 Oktober om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Nog Programme

DStv Catchup
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 19 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Spasie S3 Poster

Spasie

18:30 | 19 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Binnelanders S13 Poster November 2023 Updated

Binnelanders

19:30 | 19 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Wanderlus S3 Poster

Wanderlus

19:30 | 20 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Kwela S26 Poster

Kwêla

01:00 | 21 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Lottoland help n dorp S2 Poster

Lottoland Help 'n Dorp

17:00 | 21 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Bonne de Bod

Bewonder & Bewaar Met Bonné De Bod

20:00 | 21 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Hannes aan huis S10 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 23 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
In die sop aanbieder

In Die Sop

20:00 | 24 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Plaasjapie

Plaasjapie

20:00 | 25 Apr
web uni tv guide
Kanaal
144