Boer soek ’n vrou soek weer wyd en suid na liefde vir tien boere

kykNET 28 October 2026

Boer soek ’n vrou soek weer wyd en suid na liefde vir tien boere

Tien boere, ’n nuwe aanbieder en die moontlikheid van ’n liefde wat ’n leeftyd hou: Boer soek ’n vrou se 19de seisoen begin met ’n uitnodiging aan voornemende pasmaats om die eerste tree te gee.

Kate Roothman het pas die leisels as aanbieder van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks oorgeneem. Terwyl sy haar gereed maak om die boere op hul liefdesreise te vergesel, kry voornemende pasmaats nou die kans om deel van die volgende hoofstuk te word.

Vanjaar se boere is tussen 24 en 56 jaar oud en kom uit sewe provinsies – van ’n forelboer in Dullstroom en ’n tafeldruifboer in Worcester tot ’n beesboer in Groot Marico. Elkeen van hulle het sy eie storie, drome en redes om ’n kans op liefde te waag.

Party hoop om iemand te ontmoet wat die vreugdes en uitdagings van die plaaslewe verstaan. Ander is ná ’n lang tyd weer gereed om hul harte oop te maak. Wat hulle almal gemeen het, is die begeerte om iemand te vind met wie hulle ’n toekoms kan bou.

Die tien boere is:

  • AD (24) – wildplaasbestuurder (Middelburg, Mpumalanga)
  • Adam (24) – wildboer (Swartruggens, Noordwes)
  • Christiaan (27) – gemengde boerdery (Clocolan, Vrystaat)
  • Dean (56) – bees-, sitrus- en byeboer (Pretoria, Gauteng)
  • Dirk (39) – beesboer (Groot Marico, Noordwes)
  • Joos (24) – gemengde boerdery (Bothaville, Vrystaat)
  • Niel (27) – tafeldruifboer (Worcester, Wes-Kaap)
  • Paul (42) – gemengde boerdery (Prieska, Noord-Kaap)
  • Pieter (38) – skaap- en saaiboer (Laingsburg, Wes-Kaap)
  • Reuben (25) – forelboer (Dullstroom, Mpumalanga)

Het een van die boere jou nuuskierig gemaak? Dalk deel julle ’n liefde vir die buitelewe, dieselfde waardes of ’n droom oor die toekoms. Vertel hom wie jy is en hoekom jy hom graag beter wil leer ken. Die eerste kennismaking begin by ’n brief – en wie weet waarheen dit kan lei?

Nuttige inligting vir belangstellendes:

  • Besoek www.kyknet.tv.
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229.
  • Stuur ’n e-pos na: boer@wolflightsa.com
  • Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
  • Voornemende pasmaats kan tot middernag op 27 November 2026 vir die boere skryf.
Back to News

Download and watch later

Get the DStv app (Apple or Android) and download episodes to watch on your phone or tablet – just remember to connect to the Wi-Fi first so there are no surprise data costs.

Devices