Logo

Nantes jogurtkoek met bessies en Cognac-jellie – Nataniël.Erik.Wolf.

Gebak

Geniet hierdie jogurtkoek gedurende 'n samesyn of hou die resep reg vir 'n Sondagmiddagtroos.

Nantes jogurtkoek met bessies en Cognac-jellie
Bestanddele

100g sagte botter

6 eetlepels heuning

3 eiers

saadjies van 1 vanieljepeul

1 koppie bruismeel

knippie sout

500ml dik natuurlike jogurt

100ml melk

Bolaag:

Ongeveer 600g vars swartbessies

2 tot 3 eetlepels water

3 eetlepels Armagnac of Cognac

3 eetlepels swartbessiekonfyt

1 teelepel agar-agar (of 1 1/2 teelepel gelatienpoeier)

Metode

Verroom botter, heuning en vanieljesaadjies in mengbak.

Klits eiers by.

Voeg meel en sout by, meng goed.

Meng jogurt en melk by.

Voer bodem van 23cm losboompan met bakpapier, spuit met olie.

Gooi beslag in pan, bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 45 minute, bedek losweg met foelie indien te vinnig verbruin.

Laat heeltemal afkoel in pan.

Bedien in piekniekstyl op uitsonderlike papierservette.

Bolaag:

Bedek die bokant van die koek met die vars bessies.

Verhit agar-agar, water en Cognac oor medium hitte, roer tot opgelos en glad.

Roer konfyt by, verwyder van hitte en drup oor bessies.

oeuf mayonnaise resep
Oeuf mayonnaise – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Oeuf mayonnaise – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte