Logo

Boer Gerhard – Piesangbrood

26 Januarie

Gebak

4

Maak #BoerGerhard se gunsteling piesangbrood vir vandeesweek se uitsending van #BoerSoeknVrou. 

Piesangbrood image
Bestanddele

2 k Meel

1 1/2 k Strooisuiker

1/2 k Botter

2 Eiers, geklits

3 Piesangs, fyngemaak

1/2 k Melk

1 t Vanielje

1/2 t Bakpoeier

1/2 t Koeksoda

1/2 t Sout

Metode

Room botter en suiker. 

Roer die geklitsde eier in. 

Los koeksoda in melk op. Hou eenkant. 

Sif droeë bestanddele by die bottermengsel en voeg dan die melk by. 

Roer piesangs en vanielje in. 

Bak in 'n 140°C oond vir 1 uur. 

Mary Lou Image
Boer soek 'n vrou S14 Poster
Sub Titel

Boer Mary-Lou – Gebakte vis met lemoen-gemmersous

Gewildste Resepte