Logo

Tuna-en-mieliekoekies

4 Porsies

Braai

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer tuna-en-mieliekoekies voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-1
Bestanddele

170 g tuna

410 g Rodes Quality geroomde suikermielies

180 ml bevrore ertjies

250 ml volkoringmeel

2 ml bakpoeier

2 Nulaid eiers

30 ml vars pietersielie

1 ml sout

15 ml suurlemoensap

swartpeper

30 ml avokado- of olyfolie

Metode

 

  1. Plaas al die bestanddele, behalwe die olie, in 'n groot mengbak. Roer tot goed gemeng.
  2. Verhit die helfte van die olie olie oor matige hitte in 'n braaipan. Braai lepelsvol van die beslag aan beide kante tot goudbruin en gaar.
  3. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Herhaal met die orige beslag en olie.
  4. Sit voor as deel van 'n kosblik met slaaibestanddele waarvan jou gesin sal hou.

 


Hierdie resep word met trots deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, Gemstone Fruit® en Rhodes Quality geborg.

 

Murgpampoentjie-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-02-02

Tannie Baby van Bloem se murgpampoentjie-muffins

Gewildste Resepte