Logo

Tannie Baby van Bloem se murgpampoentjie-muffins

4 Porsies

Gebak

3

Sjef Suzanne Crozier het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt Tannie Baby van Bloem se se murgpampoentjie-muffins voorberei. Kry die resep hier.

Murgpampoentjie-1
Bestanddele

200 g murgpampoentjie

1 k kaas

200 g spek

1 ui

1 blik pitmielies

5 ml fyn knoffel

1 k koekmeel

5 ml bakpoeier

5 ml sout

6 eiers

Kruiebotter:

125 ml sagte botter

30 ml vars basiliekruid

30 ml vars pietersielie

varsgemaalde peper

Metode

 

  1. Voorverhit die oond teen 180°C.
  2. Braai ui en knoffel in olie tot sag. Skep uit en hou eenkant
  3. Braai spek tot bros. Laat afkoel
  4. Rasper murgpampoentjies aan growwe kant.
  5. Meng murgpampoentjies, kaas, spek, uie en mielies saam.
  6. Roer droë bestandele by.
  7. Roer eiers by, maar moenie te veel roer nie.
  8. Skep in gesmeerde muffinpanne of groot oondbak.
  9. Bak muffins vir 20 min en tert vir uur of tot toetspen skoon uitkom.

 

Vir die kruiebotter:

  1. Meng alles saam en bedien met muffins. Bêre in yskas.
Hoenderlewer-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-02-01

Hoenderlewer-pastei

Gewildste Resepte