Logo

Hoenderlewer-pastei

01 Februarie

4 Porsies

Gebak

2

Sjef Suzanne Crozier het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt hoenderlewer-paté voorberei. Kry haar resep hier.

Hoenderlewer-1
Bestanddele

Kors:

400 g skilferkors

eiergeel

Vulsel:

15 g botter

1 ui

2 huisies knoffel

500 g hoenderlewer

3 ml tiemie

2 lourierblare

sout

peper

75 ml droë witwyn

50 ml room

300 ml gaar rys

Metode

 

Voorverhit oond teen 200 °C.

Braai uie en knoffel in botter.

 

Voeg lewer en droë bestanddele by, en braai vir 5 minute.

Voeg wyn by en prut totdat lewer gaar is.

Voeg room en rys by en kook vir 3 minute.

Laat staan om af te koel.

Rol skilferkors uit (230 mm x 330 mm).

Skep vulsel in die middel en in die lengte van die skilferkors.

Sny repies aan beide kante van die vulsel om oor te vleg. Begin dan te vleg. Seël elke punt met koue water.

Borsel met eiergeel.

Plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 minute teen 220 °C. Verlaag hitte na 200 °C en bak verder vir 15 - 29 minute tot goudbruin.

Die-Groot-Ontbyt-1-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-01-30

Stampkoringslaai en grondboontjiebotterskywe

Gewildste Resepte