Logo

Stampkoringslaai en grondboontjiebotterskywe

4 Porsies

Gebak

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer stampkoringslaai en grondboontjiebotterskywe voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

Die-Groot-Ontbyt-1-1
Bestanddele

Grondboontjiebotterskywe:

500 ml hawermout

80 ml heuning

80 ml dadels

75 ml grondboondtjiebotter

1 groot eiers

60 ml sonneblomolie

5 ml gemaalde kaneel

5 ml vanielje-geursel

Stampkoringslaai met bone en perskes:

250 ml stampkoring

4 takkies vars tiemie

60 ml olyf- of avokado-olie

20 ml vars tiemieblare

20 ml appelasyn

10 ml balsamiese asyn

sout

peper

410 g botterbone

2 nektariens

ekstra tiemieblare

Metode

Vir die stampkoringslaai:

  1. Plaas die stampkoring, takkies tiemie en 'n knippie sout in 'n kastrol. Bedek met water,verhit tot kookpunt en prut met 'n deksel op vir 30-40 minute of tot sag. Dreineer, spoel af en laat dit afkoel.
  2. Meng die olie, tiemieblare, appel- en balsamiese asyn om 'n slaaisous te maak. Geur na smaak.
  3. Plaas die bone en afgekoelde stampkoring in 'n mengbak en giet die slaaisous bo-oor. Meng liggies deur. Roer die vrugte deur. Garneer met die ekstra tiemie en sit voor.

Vir die grondboontjiebotterskywe:

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer 'n 18 x 30 cm-bakplaat liggies met olie.
  2. Plaas al die bestanddele saam in ‘n mengbak en meng tot goed gemeng.
  3. Druk die mengsel liggies in ‘n eweredige laag in die bakplaat. Bak 10-15 minute of tot goudbruin en gestol.
  4. Sny in 20 skywe, wanneer dit nog warm is. Laat dit in die bakplaat afkoel. Bêre in ‘n lugdigte houer vir tot ‘n week.

 


Die resep word met trots geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, Gemstone Fruit®, Rhodes Quality

 

Die-Groot-Ontbyt-2
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-01-19

Vegetariese kekerertjieslaai

Gewildste Resepte