Logo

Gebraaide koolslaai met bokmelkkaas in blare – Nataniël.Erik.Wolf.

02 Januarie

Slaai

Hierdie anderste slaai kan gewild raak onder jou gaste! Probeer dit vandag!

Gebraaide koolslaai met bokmelkkaas in blare
Bestanddele

1 klein rooi kool van ongeveer 500g

2 medium rooi uie

4 eetlepels druiwepitolie

3 eetlepels olyfolie

2 eetlepels suurlemoensap

1 eetlepel heuning

1 eetlepel Franse mosterd

seesout

1,5kg groot spinasieblare, gewas en gedroog

300g sagte bokmelkkaas (in langwerpige of ronde vorms)

ekstra olyfolie

ekstra druiwepitolie

4 eetlepels vars pietersielie, fyngekap

grofgemaalde swartpeper

6 tot 9 snye suurdeegbrood

Metode

Sny rooi kool in kwarte en dan in dun skyfies, breek op om repe te vorm.

Sny uie in dun skyfies.

Verhit 2 eetlepels druiwepitolie in pan, voeg kool en ui by en roerbraai oor hoë hitte vir 4 tot 5 minute.

Verwyder van hitte en skep in mengbak, roer 3 eetlepels olyfolie, suurlemoensap, heuning en mosterd by, geur liggies met seesout.

Sny dik wit stele uit spinasieblare, sorg dat spinasie in grootste moontlike stukke bly.

Vul ’n mengbak met kookwater en ’n tweede een met yswater.

Dompel spinasieblare in kookwater vir ’n paar sekondes, dan in yswater en droog onmiddelik tussen twee kombuisdoeke.

Plaas ten minste vier spinasieblare (of halwe blare) op werksoppervlak, sorg dat blare oorvleuel.

Sny bokmelkkaas in 6 dele, plaas een deel op blare, sprinkel met ’n paar druppels olyfolie, bietjie pietersielie en swartpeper, vou toe met blare om “pakkie” te vorm.

Herhaal totdat 6 pakkies gereed is, smeer of verf met ekstra olyfolie.

Verhit 2 eetlepels druiwepitolie in pan en braai kaaspakkies oor hoë hitte totdat spinasie aan beide net-net begin swart raak.

Verwyder uit pan, hou eenkant.

Braai snye brood met klein hoeveelhede druiwepitolie in dieselfde pan tot goudbruin aan albei kante.

Skep koolslaai op elke sny brood.

Sny kaaspakkies versigtig in helftes en plaas twee helftes op elke sny brood.

Geur met swartpeper en garneer met res van gekapte pietersielie.

Bedien onmiddellik.

Vis, aartapels en sauce vierge
Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte