Logo

Bosslaai – Nataniël.Erik.Wolf.

24 Oktober

4-8 porsies, hoeveelhede kan aangepas word

Slaai

'n Heerlike slaai-resep vir 'n somersdag.

Bosslaai
Bestanddele

Aarbei-jellie:

250ml aarbeisap

2g agar-agar

sap van 1/2 lemmetjie

2 1/2 eetlepels suiker

Slaai:

8 - 10 radyse, gewas en in kwarte gesny

1 rou beet, gewas en geskil

200g gekookte breëbone, afgekoel

200g droeë bokmelkkaas

5 takkies rooibessies

200g gemengde slaaiblare soos jong spinasie en roquette

seesout

grofgemaalde swartpeper

olyfolie

Metode

Aarbei-jellie:

Plaas 125ml aarbeisap, lemmetjiesap, suiker en agar-agar in ’n pot, verhit tot kookpunt en kook vir 2 minute.

Verwyder van hitte, voeg orige aarbeisap by, meng, gooi in bak en verkoel in yskas tot ’n stewige jellie vorm.

Plaas jellie in elektriese menger en meng tot glad.

Voeg teelepel of twee water by om meer egalig te maak indien benodig.

Plaas jellie in plastiek bottel met tuit en hou eenkant.

Slaai:

Sny beet in papierdun snye met mandolien of groenteskiller.

Sny bokmelkkaas in snye en halfeer.

Rangskik radyse, beet, bokmelkkaas, bone, bessies en slaaiblare op groot opdienbord.

Plaas druppels aarbei-jellie tussenin.

Garneer met sout en peper.

Bedrup met olyfolie en bedien.

 

oeuf mayonnaise resep
Oeuf mayonnaise – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Oeuf mayonnaise – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte