Logo

Texas-steak met gemmerklapperrys en slaai

29 Oktober

4 Mense

Braai

2

Hierdie heerlike Texas-steak word saam met gemmerklapperrys en pikante babaspinasie-slaai voorgesit. Kry Toks en Tjops se resep hier.

Toks-en-Tjops-Texan
Bestanddele

1 kg Texas-steak

2 sprietuie

1,5 k bruinrys

15 g gemmer

2 k klappermelk

2 k water

1 t sout

100 g babaspinasie

100 g rooikool

200 g babatamaties

20 g boontjiespruite

2 lemmetjies

1 e suiker

1 rooirissie

1 knoffelhuisie

30 ml sojasous

20 ml Tahini

50 ml olyfolie

10 g basiliekruid

120 ml suurroom

Metode

 

  1. Berei 'n warm direkte vuur en versprei die kole sodat jy medium tot hoë hitte kry.
  2. Braai die steak vir 8 tot 10 minute aan elke kant tot gaar (soos jy verkies).
  3. Verwyder van die rooster en laat rus totdat jy dit sny.
  4. Voeg die rys, klappermelk en water saam in 'n pot. Voeg gemmer by en laat kook.
  5. Kook op medium hitte, roer by tye vir 15 minute totdat die rys gekook is. As dit gereed is, roer die rys met 'n vurk en sit die deksel op om te stoom. Moenie dreineer nie.
  6. Vir die slaaisous, voeg die rissie, knoffel, lemmetjieskil en -sap, soja, Tahini, suurroom en die olyfolie saam in 'n bak.
  7. Klits saam totdat die sous deurgemeng is. Voeg die geskeurde basilie by.
  8. Voeg die res van die slaaibestanddele in die bak. Roer saam totdat al die kool en blare bedek is.


Gesondheidswenk:

1. Om die vetinhoud van hierdie resep effektief te verminder gebruik laevet klappermelk om die rys te kook – dit sal dieselfde smaak hê, maar met minder vet – en gebruik gewone jogurt eerder as suurroom vir die slaaisous. Die pikante slaai is 'n fantastiese bron van 'n verskeidenheid voedingstowwe.

 

Toks-en-Tjops-Picanha_Slaai-1
Picanha-slaai met koeskoes
2016-10-15

Picanha-slaai met koeskoes

Gewildste Resepte