Logo

Picanha-slaai met koeskoes

15 Oktober

4 Mense

Braai

406870

Dié smullekker Picanha-slaai is in ’n episode van Toks en Tjops voorberei. Hier is die resep.

Toks-en-Tjops-Picanha_Slaai-1
Bestanddele

600 g Picanha-steaks

4 tiemietakkies

1 knoffelhuisie

1 t paprika

½ t gemaalde komyn

varsgemaalde swartpeper

2 e olyfolie

2 k koeskoes

4 k lemoensap

1 groen soetrissie

1 rooi soetrissie

1 rooi ui

2 lemoene

10 g koljander

10 g kruisement

100 g babaspinasie

150 ml slaaisous

Metode

 

  1. Berei 'n warm, direkte vuur voor en versprei die kole sodat jy medium-hoë hitte kry.
  2. Haal die tiemieblare van die takkies af en kap fyn.
  3. Meng die tiemie, gekneusde knoffel, olyfolie en speserye saam om 'n smeer te vorm.
  4. Vryf die speserysmeer op die steak en laat marineer in 'n Ziploc-sakkie vir 1 uur teen kamertemperatuur.
  5. Braai die steak op die vuur totdat dit gaar is soos verlang.
  6. Verwyder vanaf hitte en laat rus deur vir 10-15 minute te bedek.
  7. Plaas die lemoensap en die slaaisous in 'n pan oor medium hitte.
  8. Meng die koeskoes, olyfolie, rooi ui en soetrissies saam in 'n mengbak. Gooi die gekookte sapmengsel oor en verseël die bak met kleefplastiek en laat die koeskoes vir ongeveer 15 minute stoom.
  9. Roer die mengsel met 'n vurk en maak seker al die vloeistof het geabsorbeer en die koeskoes is gaar.
  10. Laat die mengsel heeltemal afkoel voordat jy die lemoensegmente, gekapte koljander en kruisement byroer.
  11. Geur na smaak en meng dan die babaspinasie by net voordat jy opdien.
  12. As die vleis gerus het, sny in dun repies en rangskik op die koeskoesslaai.
Toks-en-Tjops-1
Gebraaide rib met kruiekors, ertjies en mielies
2016-06-25

Gebraaide rib met kruiekors, ertjies en mielies

Gewildste Resepte