Logo

Gebraaide rib met kruiekors, ertjies en mielies

25 Junie

4 Porsies

Braai

4

Tydens ’n uitsending van Toks en Tjops is daar gebraaide rib met kruiekors, ertjies en mielies voorberei. Kry die resep hier.

Toks-en-Tjops-1
Bestanddele

Groente:

300 g gemengde groente

1 ui

1 huisie knoffel

1 savoy-kool

200 g swoerdlose rugspek

1 k hoenderaftreksel

80 g botter

4 takkies tiemie

1/2 k kruisement

Rib:

1 prime rib

2 e suurroom

2 e peperwortel

1 k broodkrummels

1/4 k olyfolie

5 takkies tiemie

3 takkies roosmaryn

4 salieblare

1 huisie knoffel

2 t plantolie

sout

swartpeper

Metode

Vir die rib:

Berei 'n indirekte vuur van medium-hitte voor.

Geur die vleis met sout en swartpeper.

  1. Meng die broodkrummels, olyfolie, kruie en knoffel saam.
  2. Skroei die vleis oor die kole aan elke kant tot donkerbruin. Verwyder vanaf hitte.
  3. Meng die suurroom en peperwortel saam en smeer oor dievleis. Plaas die broodkrummels bo-op die vleis.
  4. Plaas die vleis terug op die braaier, maak toe met die dekselen braai vir 30 minute.
  5. Verwyder, bedek met foelie en laat in 'n warm plek staan terwyl jy die groente voorberei.

 

Vir die groente:

  1. Plaas die spek in 'n medium-hitte braaipan en braai tot effens bros.
  2. Voeg 'n klein bietjie olie by, dan die ui en knoffel. Soteer tot deurskynend. Voeg die tiemie by en meng goed.
  3. Voeg die kool en McCains-ertjies, wortels en mielies by. Soteer vir 'n verder minuut.
  4. Voeg die hoenderaftreksel by en verminder met tweederdes.
  5. Verwyder pan vanaf hitte en klits die botter by. Voeg diekruie by en geur met sout en swartpeper.

 

  1. Sny die biefstuk.

 

  1. Verdeel die groente tussen die borde en plaas die biefstuk bo-op. Bedien.
Toks en Tjops Rib-eye
Rib-eye met sampioen-gevulde pap
2017-05-22

Rib-eye met sampioen-gevulde pap

Gewildste Resepte