Logo

Suurlemoen-en-kruiehoender

10 September

4 persone

Braai

5

In die resep hou ons dinge eenvoudig en ek glo dis die algemene geheim met braai, en die lewe.
Ek stel voor jy gebruik kruie soos pietersielie, salie, roosmaryn en tiemie.

Kruie- en lemoenhoender – Jan Braai
Bestanddele

4 Hoenderfilette

'n paar Vars takkies pietersielie, salie, roosmaryn en tiemie

3 Suurlemoene

2 sopies Olyfolie

Sout

Swartpeper

Gewone, dun wittou

Metode
  1. Sit elke hoenderfilet plat op ’n kerfplank en tik die dik kant liggies met iets soos ’n vleishamer of wynbottel. Jy wil hê die hele filet moet oral omtrent ewe dik wees omdat jy die vleis dan makliker kan braai en lekker kan hap.
  2. Neem ’n bietjie (nie alles nie) van elk van die 4 kruietipes en kap dit fyn. Meng met die sap van 2 suurlemoene en die olie. Vryf die mengsel oor die hoender, bedek al die kante, en marineer die hoender vir 2 uur in die yskas. Draai dit net een keer om. Dis die beste om eerder ’n plastiek- of glasbak te gebruik as een van metaal.
  3. Sny die res van die suurlemoen in skywe. Deel die res van die kruie in 4 ewe groot bossies. Sit die bossies op elke hoenderborsie en pak ’n suurlemoenskyfie of twee bo-op. Bind die suurlemoen en kruie aan die vleis vas met gewone tou, knoop hom en sny die oortollige tou af.
  4. Braai altesame vir omtrent 8 minute oor medium kole. Die kruiekant moet meestal boontoe kyk, want ons wil hê die kruie moet lekker netjies wees wanneer jy die maaltyd bedien. Natuurlik sal die kruiekant ook kole toe moet kyk, maar ons verkies net dat hy meer boontoe kyk. Ons wil hê hy moet behoorlik gaar wees, maar ons wil ook nie hê die kruie moet te veel brand nie. Strooi sout en peper oor terwyl jy braai.
  5. Jy sal weet as die hoender reg is, want sy kleur verander wanneer hy gaar is. Bedien soos jy wil.
EPISODE 8 SAMPIOEN BURGERS
Poster 320x480
Sub Titel

Sampioen burgers

Gewildste Resepte