Logo

Sampioen burgers

21 Augustus

6 porsies

Braai

3

Dié is ’n revolusionêre burger. Dis die vegetariese gereg waarvan alle vleisvreters hou. Ek maak hulle graag met ’n supermark se gewone hamburgerrolletjies – daardie wat soos wind proe – omdat dit jou op die sampioen laat fokus.

EPISODE 8 SAMPIOEN BURGERS
Bestanddele

6 Reuse-sampioene

6 Sagte hamburgerrolletjies

Roomkaas

Feta-kaas

Knoffelbotter

Metode
  1. Sny die rolletjies en smeer roomkaas op die onderste helfte van elkeen.
  2. Braai die sampioene op matige-tot-warm kole totdat hulle mooi bruin en redelik sag is, altesame so 6 tot 8 minute. Braai hulle vir 3 minute met die onderkant (die swart kant) wat kole toe kyk. Draai hulle dan om, skep ’n bietjie knoffelbotter op elkeen en braai met die bokant (die wit kant) blootgestel aan die kole totdat hulle sag is. Hulle draai redelik maklik om en as jy versigtig werk, sal hulle nie breek nie. So, jy kan ’n oop of toeklaprooster gebruik, maak nie saak nie.
  3. Sit een sampioen op elke rolletjie en krummel feta-kaas bo-oor.
  4. Jy kan die burgers onmiddellik bedien. Die sampioen se sap sal in die rolletjie intrek terwyl jy eet.

    HOE OM KNOFFELBOTTER TE MAAK
    Meng eenvoudig opgekapte knoffel en botter. As jy pietersielie byderhand het, kap dit op en meng dit by. Vir 6 sampioene sal jy 1 tot 2 sopies botter nodig hê, 1 tot 2 huisies knoffel en ½sopie pietersielie
Episode 7 Snoek Patee
Poster 320x480
Sub Titel

Snoekpatee

Gewildste Resepte