Logo

Snoekpatee

4 – 6 porsies

Braai

3

As jy toevallig met oorskiet- gebraaide snoek sit, is snoekpatee die beste manier om dit te gebruik.

Episode 7 Snoek Patee
Bestanddele

250 g Gebraaide / Gerookte Snoek

1/2 Suurlemoen se sap

250 g Roomkaas

1 sopie Mayonnaise

1/2 sopie Pietersielie fyngekap

1/2 sopie Grasuie fyngekap

Sout

Swartpeper

Brood gesny

Metode
  1. Haal al die grate uit die snoek en verwyder die vel. Breek nou die vis in vlokkies op met jou skoon hande. Let wel: Maak doodseker jy haal al die grate uit.
  2. Sit die gevlokte snoek in ‘n mengbak saam met die suurlemoensap, roomkaas, mayonnaise, pietersielie en grasuie. Meng dit met ‘n vurk tot glad en smeerbaar.
  3. Proe aan die patee en voeg sout en peper by na smaak. Hoeveel sout en peper jy byvoeg, sal natuurlik afhang van hoe sterk jou oorskiet-snoek gegeur was.
  4. Smeer die patee lekker dik op roosterkoek of enige ander varsgebakte of geroosterde brood. Smul daaraan langs die vuur met ‘n glas witwyn in die hand.

EN ...Vyfhonderd gram vars snoek gee jou omtrent 250 tot 275 g gaar gevlokte snoek (sonder die grate en vel). Vars vis verloor nogal baie vog op die kole. Hou dit in gedagte wanneer jy vars snoek koop, veral vir dié resep. 

Episode 6   Kerrie Varknektjops
Poster 320x480
Sub Titel

Kerrie Varknektjops

Gewildste Resepte