Logo

Stroperige prima-rib met bruinrys

05 November

4 Porsies

Braai

2

Hierdie stroperige prima-rib is in ’n Toks en Tjops-episode voorberei. Kry die resep!

Toks-en-Tjops-Prime-Rib-1
Bestanddele

800 g Prima-rib

200 ml tamatiesous

15 ml tiemie

20 ml paprika

10 ml kaneel

30 ml olyfolie

25 ml heuning

10 ml komyn

4 skeute Worcester-sous

15 ml siracha-sous

2 k bruinrys

3,5 k water

200 ml room

30 g botter

50 ml heuning

10 g gemmer

200 g baba-uie

150 g baba-beet

4 knoffelhuisies

sout

olyfolie

Metode
  1. Berei 'n warm direkte vuur voor en versprei die kole sodat jy medium tot hoë hitte kry.
  2. Meng die smeersous vir die steak en besmeer ruimskoots. Plaas eenkant vir 10 minute.
  3. Plaas die rib op die vuur. Sit die deksel op en kook vir 45 minute, draai gereeld om en smeer deurgaans sous aan albei kante.Om die rys te kook, plaas die rys in 'n pot met vloeistof, room, botter, heuning, water en gerasperde gemmer. Maak seker die rys is ten volle bedek en voeg sout by. Sit die stoofplaat aan en laat kook tot die meeste van die water weg gekook is. Roer deurgaans.
  4. Voeg die beet en baba-uie saam op 'n vel foelie, geur met sout, peper en besprinkel met olyfolie. Draai die foelie toe en plaas op die Weber saam met die vleis.
  5. Wanneer die prima-rib gaar is, sny en bedien saam met die rys en stoom die geroosterde wortelgroente.
Toks-en-Tjops-Texan
Texas-steak met gemmerklapperrys en slaai
2016-10-29

Texas-steak met gemmerklapperrys en slaai

Gewildste Resepte