Logo

Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa

03 Desember

4 Porsies

Braai

Hierdie geurige ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa is in ’n episode van Toks en Tjops voorberei. Kry die resep hier.

Toks-en-Tjops-1
Bestanddele

Marinade

15 g roosmaryn

3 rooirissies

50 ml ryswyn-asyn

30 g donker bruinsuiker

2 rooiuie

4 huisies knoffel

100 ml olyfolie

Mieliemeel

2 k mieliemeel

2 blikkies klappermelk

15 g gemmer

15 ml sout

Salsa

300 g babatamaties

15 ml basiliekruid

150 g komkommer

30 ml suurlemoensap

40 ml olyfolie

5 ml sout

swartpeper

Vleis

800 g ribeye-steaks

Metode

Berei 'n warm direkte vuur voor en versprei die kole sodat jy medium tot hoë hitte kry.

Meng die roosmaryn, rissie, asyn, olyfolie, bruinsuiker en rooi ui saam in 'n bak. Gooi oor die steak en marineer vir minstens 2 ure. Draai die steak van tyd tot tyd om.

Wanneer die vuur gereed is, seël die steak aan albei kante en skuif eenkant om gaar te raak. Braai vir 10 minute aan elke kant en besmeer voortdurend met marinade. Plaas die deksel op en laat vir nog 'n paar minute gaar raak.

Vir die mieliemeel, plaas die klappermelk in 'n pot en laat kook. Voeg die gemmer en mieliemeel by en roer terwyl jy dit byvoeg. Kook vir 20 minute en hou aan roer tot sag.

Vir die salsa, meng die gekapte bestanddele en slaaisous in 'n bak saam. Laat staan.

Verwyder die steak van die hitte en laat rus.

Bedien met 'n lepel gemmer-mieliemeel met die gesnyde steak bo-oor en 'n lepel vol salsa daarby.

 

 


Klappermelk met verminderde vet is by Pick n Pay beskikbaar en dit is 'n gesonder, laevet alternatief wat lekker smaak. Die olie-inhoud van die salsa kan gehalveer word om kalorieë te verminder.

 

Toks-en-Tjops-1
Steak met koeskoes en geroosterde groenteslaai
2016-11-26

Steak met koeskoes en geroosterde groenteslaai

Gewildste Resepte