Logo

Steak met koeskoes en geroosterde groenteslaai

26 November

4 Porsies

Braai

Hierdie Picanha-steak met koeskoes en geroosterde groenteslaai is in ’n episode van Toks en Tjops voorberei. Kry die resep hier.

Toks-en-Tjops-1
Bestanddele

800 g Picanha-steak van Pick n Pay

sout

peper

30 ml olyfolie van Pick n Pay

10 ml vars tiemie

2 k koeskoes

200 g babatamaties

2 rooi soetrissies

200 g patat

5 ml mosterdsaad

10 ml komyn

5 ml kaneel

10 ml rooipeper

50 g botter

olyfolie

200 g komkommer

20 ml asyn

20 ml vars koljander

Metode

 

  1. Berei 'n warm direkte vuur voor en versprei die kole sodat jy medium tot hoë hitte kry.
  2. Om te begin, gooi kookwater bo-oor die koeskoes en bedek. Laat staan vir 10 minute voordat jy dit met 'n vurk los roer.
  3. Plaas 'n vel foelie neer en plaas die tamaties, rooi soetrissies, patat en speserye, gevolg deur sout en peper, asook 'n goeie skeut olyfolie daarop. Plaas op die vuur vir sowat 20 minute om om gaar te word.
  4. In 'n bak, plaas die komkommer, koljander en pekelsap saam en voeg sout en peper by. Plaas eenkant totdat die kos gereed is.
  5. Om die steak te braai, plaas dit op die medium-kant van die vuur met tiemie en 'n bietjie olyfolie bo-oor. Braai vir 30 minute, of soos verlang. Om te voltooi, besprinkel met tiemie en laat rook met die deksel op vir 5 minute.
  6. Verwyder die steak en meng die groente saam met die koeskoes en geur.
  7. Sny die steak, plaas die slaai in 'n bord en gooi die komkommerpekel bo-op.

 


Gesondheidswenk: Volgraan-koeskoes is beter en verhoog die veselinhoud van die maaltyd. Blokkies botterskorsie en stukke ui kan ook by die groentemengsel gevoeg word.

 

Toks-Steak-en-Mielie-1
Mosterd-kruisskyf met mielies
2016-11-19

Mosterd-kruisskyf met mielies

Gewildste Resepte