Logo

Mosterd-kruisskyf met mielies

19 November

4 Mense

Braai

Hierdie mosterd-kruisskyf met borrie-rysslaai en mielies is in ’n episode van Toks en Tjops voorberei. Kry die resep hier.

Toks-Steak-en-Mielie-1
Bestanddele

800 g Picanha

30 g mosterd

25 ml olyfolie

15 ml paprika

1 k Jasmyn-rys

2 k water

5 ml sout

10 ml borrie

10 ml koljander

40 g bosbessies

40 g grondboontjies

20 ml roket

40 ml olyfolie

20 ml suurlemoensap

sout en peper

250 ml suurroom

2 heel mielies

Metode

 

  1. Berei 'n warm direkte vuur voor en versprei die kole sodat jy medium tot hoë hitte kry.
  2. Plaas die kruisskyf in 'n bak en bedek met die mosterd, paprika en olyfolie. Vryf oor die steak en laat staan vir 'n paar uur.
  3. Sit die rys met die borrie en water in 'n pot en voeg sout by. Laat kook totdat die rys sag is en meeste van die water weg gekook is. Verwyder van die hitte, plaas die deksel op en laat stoom vir 'n paar minute.
  4. Plaas die steak op die vuur en braai vir 10 minute aan elke kant tot medium “rare”. Smeer die mosterdmarinade daarop.
  5. Terwyl die steak braai, plaas twee mielies op die kole en braai vir 5 minute aan elke kant.
  6. Wanneer die mielies gaar is, verwyder dit van die vuur en meng met die suurroom. Voeg sout en peper by.
  7. Wanneer die steak gaar is, verwyder van die vuur en laat rus. Dreineer die rys en voeg die koljander, bosbessies, grondboontjies, roket, olyfolie, suurlemoensap en sout saam. Meng goed en plaas in 'n bak saam met die steak en mielies.
  8. Sny die steak en bedien.

Gesondheidswenk:

  1. Veselryke bruinrys is net so lekker, en oorweeg om die helfte van die hoeveelheid suurroom met gewone jogurt te meng om die vetinhoud te verminder.

 

Toks-en-Tjops-Prime-Rib-1
Stroperige prima-rib met bruinrys
2016-11-05

Stroperige prima-rib met bruinrys

Gewildste Resepte