Logo

Vis-tacos

25 Julie

8 Porsies

Braai

652306

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Suzanne Crozier vir ons gewys hoe om heerlike vis-tacos voor te berei. Hier is haar resep:

Die-GROOT-Ontbyt-4-1
Bestanddele

Sous:

125 ml natuurlike jogurt

125 ml Mayonnaise

1/2 lemmetjiesap

2,5 ml komyn fyngemaal

2,5 ml koljander fyngemaal

2,5 ml dille gekap

2,5 ml origanum gekap

2,5 ml rooipepervlokkies gedroog

5 ml gepekelde kapertjiesade fyn gekap

5 ml vars koljander gekap

Tacos:

250 g stokvis-filette in stroke gesny

125 ml koekmeel

1 eier

250 ml broodkrummels gedroog

8 mielie-tacos (hard)

1 klein rooi koolkop gekerf

rooiuit in dun skyfies gesny

2 tamaties fyn gekap

125 ml mielies

rooiuit fyn gekap

1 avokado in skyfies gesny

30 ml koljander rof gekap

Metode

 

  1. Meng alle bestanddele vir die sous saam. Plaas eenkant.
  2. Rol vis in meel, eier en dan broodkrummels. Plaas in yskas vir 20 minute. Braai in olie, dreineer en hou warm.
  3. Meng tamaties, mielies, fyngekapte uie en koljander saam.
  4. Bou nou jou taco: rooikool, uie, tamatie-salsa, vis, avokado en laaste die sous.
  5. Bedien dadelik.
Die-GROOT-Ontbyt-5
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-25

ClemenGold-en-makrielslaai

Gewildste Resepte