Logo

ClemenGold-en-makrielslaai

4 Porsies

Seekos

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt heerlike ClemenGold-en-makrielslaai voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-5
Bestanddele

Slaai:

3 - 4 ClemenGolds

1 avokado

100 g gepeperde makriel

100 g ricotto- of fetakaas

bronkorsblare

Cecilias Farm Fruit, Nut & Seed Sprinkle

Slaaisous:

100 ml olyf- of avokado-olie

30 ml appelasyn

2.5 ml ClemenGold-skil

75 ml ClemenGold-sap

10 ml korrelmosterd

5 ml heuning

5 ml roosmaryn

sout

peper

Metode

Slaaisous:

  1. Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.

 

Slaai:

  1. Plaas die res van die bestanddele op 'n slaaibord of pak dit in lagies in kosblikke en sit voor met die slaaisous. Onthou om die slaaisous in 'n aparte flessie of bakkie te pak.

 

Wenk:

  1. Die slaaisous sal vir ‘n week in die yskas hou en kan ook as marinade vir hoender of vis gebruik word.
  2. Vervang makriel met tuna, as die kinders dit sal verkies.
Die-GROOT-Ontbyt-4-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-25

Vis-tacos

Gewildste Resepte