Logo

Vonkel wyn, knoffel en room mossels

16 Oktober

Seekos

5

'n Luukse versnappering vir spesiale geleenthede. 

Untitled design (11)
Bestanddele

Vir die mossels:

Vars Weskus swart mossels, skoon gemaak

Knoffel

Suurlemoen

Sout

Peper

Botter

Pietersielie

Droë vonkelwyn

Room

1 ui, gekap

Metode

Braai uie en knoffel in botter.

Voeg by die mossels en gooi dan die vonkelwyn by, asook die suurlemoensap.

Voeg dan die room by, sowel as die sout en peper.

Laat die mossels stoom tot gaar, alle skulpe moet oop wees, dit wys dat die mossels gaar is. Moet nie ʼn mossel eet wat se skulp nie oopgegaan het nie.

Bedien met ekstra pieterselie en suurlemoensap.

 

Gerookte forel – Hennie – Wanderlus
Wanderlus – Poster
Sub Titel

Gerookte Forel – Hennie

Gewildste Resepte