Logo

Kekerertjie-en-kommkommerslaai

18 Oktober

Slaai

3

Soos gesien in die derde episode van Terwyl ek wag

Kekerertjie en Komkommerslaai – Terwyl ek wag
Bestanddele

Lemmetjieslaasous

1/4 koppie Olyfolie

1/4 koppie Neutolie

1 Lemmetjie se sap

1/2 Lemmetjie se skil gerasper

1 teelepel Vars gemmer fyngerasper

3 eetlepels Heuning

8 Kruisementblare gekap

Seesout

Swartpeper grofgemaal

Slaai

1 Groot komkommer

1 blik Kekerertjies gedreineer

1 blik Rooi nierbone gedreineer

50 g Grasuie gekap

100 g Sagte bokmelkkaas

1 hand Vars korianderblare

Metode

Berei 2 ure voor opdiening

Lemmetjieslaasous

  • Klits eerste 7 bestanddele goed saam
  • Geur met sout en peper
  • Bedek en laat staan vir te minste 1 uur

Slaai

  • Sny komkommer in lengte deur
  • Verwyder saadjies en sny in klein halfmane, plaas in mengbak
  • Kap grasuie in klein stukkies
  • Voeg kekerertjies, bone en grasuie by komkommer
  • Roer slaaisous by
  • Bedek en laat staan vir 1 uur
  • Skep in vlak opdienbak net voor opdiening
  • Breek of sny bokmelkkaas en rangskik bo-op
  • Garneer met korianderblare

Gewildste Resepte