Logo

Bier- en kaassop

6 porsies

Frans

3

As jy ooit gewens het dat dit sosiaal aanvaarbaar was om net gesmelte kaas te eet, is hierdie die sop vir jou. 'n Romerige kaasviering. 

Bier  en kaassop BB
Bestanddele

250 g Spek in blokkies gesny

1 Ui gekap

1 Rooirissie gekap

1 Jalapeño gekap

1 teelepel Vars tiemie gekap

1/4 koppie Meel

4 teelepels Botter

1 1/2 koppies Bier

2 koppies Hoenderaftreksel

1 koppie Room

1/4 koppie Skerp cheddar kaas

1/4 koppie Gouda kaas

Sout na smaak

Peper na smaak

Grasuie vir versiering

Metode
  • Braai die spek. Sodra dit lekker bros is, haal die spek versigtig uit die pan. MAAR! Laat ongeveer 'n eetlepel van die gesmelte vet in die pan staan om as basis vir die volgende stap te dien.
  • Braai die ui en soetrissies in die vet, saam met 'n bietjie tiemie.
  • Voeg botter by die mengsel in die pan en roer die meel by sodra die botter gesmelt het. Hierdie meel-vet mengsel is 'n belangrike deel van die basis vir 'n romerige sop. Sodra dit 'n bietjie gekook het gaan oor na die volgende stap.
  • Gooi eers die bier by, dan die aftreksel en room.
  • Kaastyd! Noudat die biersopbasis geskep is, is jy gereed om al jou kase by te voeg. Roer aanhoudend terwyl jy die kaas byvoeg, en voeg dit stadig by. Dit sal verseker dat dit smelt en eweredig versprei word.
  • Bedien! Roer die spek by en strooi 'n bietjie bo-op vir versiering.
Bruinbroodcrostini met tamatieroomkaas en gebraaide radyse
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Bruinbroodcrostini met tamatieroomkaas en gebraaide radyse

Gewildste Resepte