Logo

Tortillas met gebraaide eiervrug

14 Desember

6 persone

Vegetaries

4

Lyk bekend, maar die smaak is nuut en vars!)

WRAPS
Bestanddele

1 Rooi ui

2 eetlepels Rooiwynasyn

4 Eiervrugte

2 eetlepels Druiwepitolie

Seesout

1 blik Cannelini boontjies gedreineer

1 eetlepel Heuning

1 Suurlemoenskil fyn gerasper

2 eetlepels Olyfolie

Swartpeper grof gemaal

1/2 teelepel Gedroogde rissievlokkies

3 eetlepels Vars Pietersielie fyn gekap

1 Komkommer

18 Jong tamaties

100 g Feta

6 Tortillas (wraps)

Bakpapier

Dun tou

Metode
  • Sny ui in baie dyn skyfies, meng met asyn in mengbak, bedek en laat staan vir te minste 2 ure
  • Verhit genoeg druiwepitolie in pan om die bodem net-net te bedek
  • Sny 1 aubergine in dun sirkels en braai oot hoë hitte tot goudbruin
  • Geur liggies met sout en hou eenkant
  • Herhaal proses met ander aubergines, voeg olie by soos nodig
  • Plaas boontjies in mengbak en maak fyn
  • Roer heuning, olyfolie, rissie-vlokkies, skil, suurlemoensap en pietersielie by
  • (Ek meng dikwels die vlees van een heel oondgebakte knoffel by!)
  • Geur met sout en peper, hou eenkant
  • Sny komkommer in die lengte in kwarte, verwyder saadjies en sny in blokkies
  • Roer by uie
  • Sny tamaties in kwarte en roer by komkommers
  • Krummel Feta by
  • Geur baie liggies met sout
  • Verhit ’n tortilla vir ’n paar sekondes in ’n warm, droë pan
  • Smeer ’n eetlpl boontjie-mengsel in die middel van tortilla
  • Rangskik 4 of 5 snytjies aubergine bo-op, skep slaai oor
  • Vou onderkant na bo, vou sykante in
  • Draai halfpad toe met bakpapier en bind vas met toutjie of lint
Fritters
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Botterneutkoekies

Gewildste Resepte