Logo

Sitrusslaai met gebraaide wortels

30 November

Slaai

4

Soos gesien in 'n episode van Toegang

IMG 6821
Bestanddele

1 Rooi ui

2 teelepels Suiker

2 eetlepels Rooiwynasyn

240 g Klein geelwortels

2 eetlepels Druiwepitolie

1 eetlepel Heuning

1 knippie Sout

4 Lemoene

2 Pomelos

100 g Sagte bokmelkkaas

80 g Vars roketblare

3 teelepels Peperkorrels gekraak

Vir die slaaisous:

1/3 koppie Olyfolie

1 eetlepel Heuning

3 eetlepels Rooiwynasyn

1 teelepel Franse mosterd

Seesout

Swartpeper grof gemaal

Metode
  • Sny ui in dun ringe of repies
  • Meng met suiker en rooiwynasyn, bedek en laat staan vir te minste 30 minute
  • Sny wortels in die lengte in kwarte, dan in lengtes van 6 cm
  • Verhit olie, heuning en wortels in pan oor hoë hitte
  • Braai wortels vir 1 minuut tot dit begin verbruin
  • Verlaag hitte en laat stadig braai vir 3 tot 4 minute
  • Geur liggies met sout en laat afkoel
  • Skil lemoene en pomelos en sny in dun sirkels
  • Rangskik ongeveer 6 snye op 6 individuele borde
  • Rangskik wortels en uie bo-oor
  • Breek bokmelkkaas bo-oor
  • Plaas bondeltjies roket in die middel van elke bord
  • Bedrup roket met slaaisous
  • Geur liggies met gekraakte peperkorrels

Vir die slaaisous:

  • Klits eerste 4 bestanddele saam
  • Geur liggies met sout en peper
DRUIIWE, DRIE KEER
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Druiweslaai

Gewildste Resepte