Logo

Outydse frittataslaai

11 Oktober

Slaai

5

Soos gesien in die tweede episode van Terwyl ek wag

Eierslaai – Terwyl ek wag
Bestanddele

4 Eiers

3 Sprietuie gekap

6 Kruisementblare fyngekap

Seesout

Swartpeper grofgemaal

2 eetlepels Druiwepitolie

1 hand Gemengde kruieblare

1 hand Vars roketblare

1 hand Jong spinasieblare

2 eetlepels Balsamreduksie

2 eetlepels Heuning

4 eetlepels Olyfolie

Metode
  • Klits eiers, sprietuie, ricotta en kruisementblare saam
  • Geur mildelik met sout en peper
  • Verhit druiwepitolie in pan
  • Gooi eiermengsel in en bak oor medium hitte tot bodem gestol is
  • Plaas onder warm oondelement vir ’n paar minute tot goudbruin
  • Laat afkoel en sny in repies
  • Plaas slaaiblare op groot opdienbord
  • Strooi frittatarepies oor
  • Klits balsamreduksie, heuning en olyfolie saam en sprinkel or slaai

Gewildste Resepte