Logo

Aartappelslaai

31 Julie

6 – 8

Slaai

4

'n Lekker Jan Braai bygereg vir enige dis

Episode 5 Hoender
Bestanddele

1 kg Aartappels

1 Ui opgekap

1 sopie Appelasyn

1 sopie Mosterd

1/2 koppie Mayonnaise

1/2 koppie Gewine wit jogurt

Sout

Swartpeper gemaal

Vars pietersielie opgekap

Opsionele ekstras

300 g Gerookte ham in blokkies gesny

3 sopies Agurkies opgekap

3 Radyse gewas, stingels afgesny en fyngekap

Hardgekookte eiers afgedog en opgekap

Metode
  1. Jy hoef nie die aartappels te skil nie – ek reken die skil gee meer smaak – maar as wil, kan jy maar skil. Wat jy móét doen is om hulle te was, gaar te maak en te laat afoel. Doen dit ’n paar ure vooraf of selfs die vorige dag. ’n Aartappel is reg wanneer die vel begin bars en wanneer jy ’n vurk met gemak in hom kan druk. Al sal dit nie ’n krisis wees nie, probeer om hulle nie te gaar te maak nie; ons maak nie kapokaartappels nie.
  2. As jy van die opsionele ekstras by jou slaai gaan voeg, berei hulle voor en sit eenkant.
  3. Sny die aartappel in skywe op en meng dit met die opgekapte ui.
  4. Verhit die asyn en mosterd in ’n pan en gooi dit oor die aartappelskywe, meng, en laat rus vir ’n paar minute.
  5. Voeg nou die mayonnaise, joghurt, sout en peper by, asook die opsionele ekstras van jou keuse. As jy agurkies bysit, sit ook ’n bietjie van die vloeistof in die bottel by, maar nie soveel dat die oorblywende agurkies gaan uitdroog nie. Meng die aartappels deeglik met die res van die bestanddele en laat die slaai minstens 30 minute in die yskas staan voor jy hom opdien.
  6. Garneer met opgekapte pietersielie
Episode 5 Hoender
Poster 320x480
Sub Titel

Plat hoender met Jan Braai Peri Peri Sous

Gewildste Resepte