Logo

Bruinbroodcrostini met appels, brie en ginstroop

28 Desember

24 Crostini

Vegetaries

3

Die crostini is die perfekte peuselhappie vir jou Nuwejaarsviering. 

BRUINBROODCROSTINI MET APPELS, BRIE EN GINSTROOP
Bestanddele

8 snye bruinbrood

5 e druiwepitolie

2 groen appels

2 e donker bruinsuiker

6 e gin

1 kaneelstokkie

2 naeltjies

2 ster-anyse

2 kardemomsade

3 e water

100 g brie

swartpeper, grofgemaal

50 g pistastieneute, gekap

Metode

Gebruik ’n glas waarvan die bokant ’n 5 cm deursnee het; sny 24 sirkels brood.

Verf sirkels aan beide kante met olie.

Braai 12 op ’n slag in warm pan tot goudbruin aan albei kante.

Hou eenkant (kan vir ’n dag op twee in lugdigte houer gebêre word).

Sny appels in skyfies.

Sny elke skyfie se punt af en sny oorblewende gedeeltes in helfte tot daar 24 blokkies is (eet die res).

Verhit suiker, gin, water, kaneel, naeltjies, ster-anys en kardemom in pan.

Roer appelstukkies by en laat prut tot stroop verdik, maar daar genoeg vloeistof is vir te minste 24 druppels stroop.

Drup stroop op crostini.

Plaas skyfies appel bo-op.

Sny brie in klein driehoekies en laat rus teen appel.

Gebruik gasvlam en skroei Brie vir ’n paar sekondes.

Geur met swartpeper en sprinkel met pistasieneute.

KERSFEESKOEKIES
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Kersfeeskoekies

Gewildste Resepte