Logo

Gebraaide rys

19 Oktober

4 persone

Vegetaries

4

'n Oosterse gunsteling

IMG 6645
Bestanddele

3 eetlepels Druiwepitolie

300 g Zucchini in dun skyfies gesny

3 eetlepels Pekanneutolie

4 Salotte in dun skyfies gesny

2 huisies Vars Knoffel gekap

2 eetlepels Sojasous

2 eetlepels Heuning

2 Gepekelde Brandrissies in repies gesny

1/2 koppie Kasjoeneute

2 koppies Bruinrys gaargemaak

1/2 Suurlemoensap & skil

1 hand Koljander grof gekap

4 Eiers

3 Sprietuie teen die skuinste in skyfies gesny

Metode
  • Verhit helfte van druiwepitolie in pan en braai helfte van zucchini oor
  • medium hitte tot goudbruin aan albei kante
  • Herhaal met res van olie en zucchini, hou eenkant
  • Verhit pekanneutolie in dieselfde pan en braai salotte en knoffel tot goudbruin
  • Voeg sojasous, heuning, brandrissies en neute by, roerbraai vir 1 minuut
  • Voeg rys, suurlemoensap en skil by, roer totdat rys verhit is
  • Verwyder van hitte, roer zucchini en koljanderblare by, skep in 4 bakkies
  • Vee pan uit, plaas 4 ge-oliede kookringe en ’n klein bietjie druiwepitolie in pan en breek ’n eier versigtig in elkeen
  • Plaas deksel op pan en bak totdat eierwit gestol is, maar geel nog sag is
  • Geur met sout en peper en plaas ’n eier bo-op elke bakkie rys
  • Gebruik skyfies sprietui en vorm ’n blaartjie bo-op elke eier
  • Bedien onmiddellik
IMG 7162
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Canteen toast

Gewildste Resepte