Logo

Bruinbroodcrostini met gillende olywe

28 Desember

24 crostini

Vegetaries

4

Met oop mondjies, bloedrooi tongetjies en uitgestrekte armpies voltooi hierdie olywe ’n opera, kondig ’n fees aan en herinner jou dat jy skreeu-honger is.

Bruinbroodcrostini met gillende olywe
Bestanddele

8 snye bruinbrood

5 e pekanneut-olie

300 g ricotta

2 e dik room

12 swart ontpitte olywe, gekap

100 g ingelegde artisjokharte, gedreineer en gekap

2 opgehoopte e italiaanse pietersielie, gekap

2 opgehoopte e grasuie, gekap

fyngerasperde skil van 1 lemmetjie

6 groen olywe, gevul met rooi soetrissie

pienksout met knoffelvlokkes

grofgemaalde swartpeper

ekstra grasuie

Metode

Gebruik ’n glas waarvan die bokant ’n 5 cm deursnee het, sny 24 sirkels brood. (Droog res van die brood en maal tot krummels vir latere gebruik, ons gooi niks weg nie).

Verf sirkels aan beide kante met olie.

Braai 12 op ’n slag in warm pan tot goudbruin aan albei kante.

Hou eenkant (kan vir ’n dag of twee in lugdigte houer gebêre word).

Meng ricotta en room saam in mengbak.

Meng swart olywe, artisjokke, pietersielie, grasuie en skil by.

Geur met sout en peper (proe en pas geur aan indien nodig!)

Net voor opdiening: Skep teelepels vol op gebraaide sirkels.

Sny groen olywe in kwarte.

Plaas een skyfie bo-op elke happie.

Sny ’n paar grasuie in 2,5 cm lengtes.

Druk 2 uitgestrekte armpies in ricotta direk langs elke gillende olyf.

KERSFEESKOEKIES
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Kersfeeskoekies

Gewildste Resepte