Logo

Italiaanse appelslaai

01 November

Slaai

4

Soos gesien in die vyfde episode van Terwyl ek wag

Italiaanse Appelslaai – Terwyl ek wag
Bestanddele

Slaai

4 Rooi appels

3-4 snye Dik ciabatta in blokkies gesny

180 g Slaaiblare (cos/gem)

1 Groot ingelegde/gepiekelde rooirissie

150 g Buffelmozzarella

Slaaisous

1/3 koppie Druiwepitolie

2 eetlepels Appelasyn

2 eetlepels Heuning

1 huisie Knoffel gerasper

1/2 teelepel Gedroogde oreganum

1/2 teelepel Gedroogde basiliekruid

Seesout

Swartpeper grofgemaal

Metode

Slaaisous

  • Klits olie, asyn, heuning, knoffel en gedroogde kruie saam
  • Geur met sout en peper

Slaai

  • Sny appels in skywe (behou skil) en verhit met helfte van slaaisous in pan, braai tot appels begin goudbruin raak, maar steeds ferm is, skep uit pan, hou eenkant
  • Braai brood in dieselfde pan tot net begin verbruin, hou eenkant
  • Breek slaaiblare en rangskik op groot opdienbord
  • Skep appels bo-op en strooi brood bo-oor
  • Sny rissie in baie dun repies en rangskik op slaai
  • Breek mozzarella en plaas bo-op slaai
  • Bedrup met res van slaaisous

Gewildste Resepte