Logo

Riviervis met aspersies en kruie

6 porsies

Seekos

3

Die gebruik van foelie is een van die groot sondes in die hedendaagse kombuis, herwonne foelie is nou beskikbaar, spoor dit op!

Riviervis met kruie – Terwyl ek wag
Bestanddele

6 eetlepels Druiwepitolie

2 huisies Knoffel gerasper

6 Forelfilette

24 Vars aspersies gewas en gedroog

20 g Vars pietersielie

20 g Vars basiliekruid

20 g Vars tiemie

20 g Vars dille

6 dun skyfies Suurlemoen

Seesout

Swartpeper grofgemaal

Metode

Meng olie met knoffel en vryf filette deeglik daarmee

Plaas elke filet in die middel van ’n vierkant foelie, groot genoeg om ’n deeglik-verseëlde pakkie te vorm

Plaas 2 aspersies aan weerskante van elke filet

Geur vis en aspersies met sout en peper

Plaas skyfie suurlemoen bo-op elke filet

Breek kruie bo-oor

Vou foelie toe en verseël behoorlik

Verseël in tweede laag foelie

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 15 minute, laat rus vir paar minute voordat oopgemaak word

Of braai oor kole vir 7 minute aan elke kant, laat rus vir verdere 7 minute voordat dit oopgemaak word

Vye kompotem – Net Koffie 2
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Vye kompotem

Gewildste Resepte