Logo

Gerookte Forel – Nicole

09 Oktober

Braai

2

Gerookte forel filette op gebrande sekelhout

Gerookte forel – Nicole – Wanderlus
Bestanddele

Forel filet

Kappertjies

Suurlemoen

Dille

Sout

Peper

Metode
  1. Steek die vuur aan die brand, brand een stuk sekelhout.
  2. Bedek forel met sout, peper en suurlemoen.
  3. Haal gebrande stuk hout van vuur af en plaas op 'n veilige oppervlakte, op roosters of in kloof in die grond.
  4. Plaas filet op die plat kant van die stuk hout met die vel-kant na onder.
  5. Die vis sal vanself gaar word en van donker deurskynend kleur na ligte pienk verkleur.
  6. Maak seker die hout bly warm, skuif nader aan die vuur indien nodig.
  7. Wanneer jy dink dit is gaar genoeg, haal versigtig af van hout met ‘n lang spatel.
  8. Bedien met kappertjies, dille, roomkaas en suurlemoen.

Die forel hoef nie 100% gaar te wees nie, indien jy verkies om dit minder gaar te hê dan kan jy dit vroeër afhaal.

Gerookte forel – Hennie – Wanderlus
Wanderlus – Poster
Sub Titel

Gerookte Forel – Hennie

Gewildste Resepte