Logo

Garnaal-en-spek-kebabs

4 Porsies

Braai

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt is daar garnaal-en-spek-kebabs voorberei, gekomplimenteer met ’n gepekelde slaai en Oosterse doopsous. Kry die resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-garnaal-en-spek-kebabs-1
Bestanddele

Garnaal-en-spek-kebabs:

6 repies skep

12 medium garnale

15 ml olyfolie

50 ml suurlemoensap

1 huisie knoffel

2 bamboesstokkies

Gepekelde slaai:

20 ml lemmetjie- of suurlemoensap

1 groen appel

15 ml gepekelde gemmer

5 ml strooisuiker

2 radyse

3 ml vars koljander

Oosterse doopsous:

45 ml lemmetjiesap

20 ml suiker

100 ml water

5 ml vissous

25 ml rysasyn

1 huisie knoffel

1 brandrissie

2 ml vars gemmer

Metode

Vir die garnaal-en-spek-kebabs:

  1. Sny die spek in die helfte deur.
  2. Maak die garnale skoon – behou die stertjies.
  3. Marineer die garnale vir sowat tien minute in olyfolie, suurlemoensap en knoffel.
  4. Draai elke garnaal met ‘n halwe repie spek toe en steek vas met die bamboesstokkies.

 

Vir die oosterse doopsous:

  1. Meng al die bestanddele saam en bedien met garnale.

 

Vir die gepekelde slaai:

  1. Sny die appel, gemmer en radyse in dun repies (julienne).
  2. Meng al die bestanddele saam en laat rus vir sowat 15 minute.
  3. Bedien.
Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-04

Karringmelk-en-kaasmuffins

Gewildste Resepte