Logo

Karringmelk-en-kaasmuffins

12 Muffins

Gebak

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt karringmelk-en-kaasmuffins voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Bestanddele

750 ml koekmeel

60 ml semels

15 ml bakpoeier

500 ml karringmelk

30 ml water

1 eier

15 ml gemengde kruie gedroog (of gekapte vars pietersielie)

2,5 ml sout

125 ml Cheddarkaas gerasper

Metode

 

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer ’n muffinpannetjie liggies met olie.
  2. Meng al die droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die middel en roer die eier, water en karringmelk met die kruie, sout en helfte van die kaas by.
  3. Roer net tot ‘n sagte beslag vorm. Skep beslag in die muffinpannetjie en sprinkel die res van die kaas bo-oor.
  4. Bak vir sowat 20 tot 25 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Laat op ‘n afkoelrakkie afkoel.

 

Wenk:

  1. Maak ‘n groot brood met dieselfde mengsel. Skep beslag in ‘n 1,5 liter-broodpan en bak vir sowat 30 tot 45 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  2. Voeg enige kruie of geurmiddel van jou keuse by die mengsel. Gekapte uie, vars tiemie, paprika of cayenne-peper is heerlik.

 


Groot Borg: Pharma Dynamics Cooking from the heart Groot Borg: ClemenGold Klein Borg: Cecilia's Farm

 

Die-GROOT-Ontbyt-6
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-04

Lamskenkels

Gewildste Resepte