Logo

Eend met persimmon-en-pomelosap-sous

14 Julie

2 Porsies

Braai

3

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt pan-gebraaide eend met ’n heerlike persimmon-en-pomelosap-sous voorberei. Hier is haar resep.

Die-GROOT-Ontbyt-Eend-1
Bestanddele

2 eend-borsies

Marinade:

15 ml Japanese sake

5 ml ligte soyasous

3 ml Sichuan-peperkorrels

3 ml vars gemmer

sout

Sous:

125 ml persimmons

125 ml vars pomelosap

30 ml suiker

15 ml ui

swartpeper

Metode
  1. Maak insnydings in die vet van die borsies.
  2. Meng al die bestanddele vir die marinade saam. Vryf die borsies aan albei kante met die marinade en plaas dit in 'n bak met die velkant na onder. Marineer vir een tot twee ure.
  3. Meng die persimmon, pomelosap, suiker en uie saam. Plaas in voeselverwerker of versapper om 'n puree te vorm.'
  4. Verwyder die eendborsies vanuit die marinade en vee oortollige marinade af.
  5. Verhit 'n pan en plaas die borsies met die velkant na onder in die warm pan. Druk liggies op die borsies sodat dit eweredig aan die hitte blootgestel word. Braai totdat die vet uitbraai en die vel goudbruin is.
  6. Draai die borsies om en braai tot die verlangde graad van gaar verkry word.
  7. Verwyder die borsies vanuit die pan en laat rus.
  8. Gooi die vet af en plaas die persimmon-mengsel in die pan. Kook totdat dit verdik. Bedien met eend.
Persimmon-koek-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-13

Persimmon-koek

Gewildste Resepte