Bianca le Grange het tydens ’n episode van Kampkos heerlike lamskerrie-sosaties voorberei. Kry haar resep hier.
Bestanddele
500 g lamsvleis
1 groot uie
1 groenrissie
olie
50 ml asyn
10 ml borrie
gedroogte appelkose
1 huisie knoffel
2 cm gemmer
25 ml botter
50 ml appelkooskonfyt
2 lourierblare
15 ml masala
sout
peper
Metode
Kap die knoffel en die gemmer fyn en voeg dit saam met botter in 'n warm pot.
Berei die sous voor deur die appelkooskonfyt, borrie, masala, asyn en lourierblare saam te laat prut vir 'n rukkie. Voeg ook 'n bietjie sout en peper by.
Verwyder van hitte en laat lê die lamsvleis daarin vir ten minste twee ure. Dit kan net só yskas toe.
Sny nou die groenrissie en uie in blokkies (sowat 3 cm x 3 cm) vir die finale produk.
As die vleis klaar gemarineer het in die kerriemengsel, kan jy die sosaties bou deur telkens 'n stukkie vleis af te los met 'n blokkie groenrissie, 'n appelkoos en 'n blokkie ui. Herhaal die proses vir die sosatie.
Braai nou die sosatie op 'n warm vuur terwyl jy die sosatie met die oorblywende sous bedruip. Draai die sosatie twee keer vinnig, nadat jy die laaste keer bedruip het.