Logo

David se plaatkoekies

23 Junie

4 Porsies

Braai

4

Tydens ’n episode van Kampkos het David Johnson watertandlekker plaatkoekies voorberei. Kry sy resep hier.

Kampkos-Ep12-Rondeberg214-of-31-1
Bestanddele

1 eier

150 ml melk

180 ml bruismeel

30 ml bruinsuiker

1 knippie sout

nutella

aarbeie

piesangs

perskes

olie

Metode
  1. Meng die droë bestandele (meel, bakpoeier en sout) saam. Voeg die eier en die helfte van die melk by en klop dit glad.
  2. Voeg nou die res van die melk by en roer dit totdat borrels op die oppervlak vorm en daar geen klonte is nie.
  3. Verhit ’n swaarboompan en smeer met ’n bietjie kookolie. skep lepelsvol beslag in die pan en keer dit met ’n spaan om wanneer daar borrels bo-op vorm. Bak totdat dit goudbruin is.
  4. Sny piesangs, perskes en aarbeie op in kleiner stukkies en pak dit bo-op die plaatkoekies en bedek met Nutella. Herhaal die proses en steek dit vas met ’n stokkie.
  5. Bedien.
Kampkos-Ep12-Rondeberg23-of-31-1
Kampkos Logo
2016-06-23

Bianca se lamskerrie-sosaties

Gewildste Resepte