Logo

Beer se groentebraai

30 Junie

4 Porsies

Braai

402439

Tydens ’n episode van Kampkos het Beer Adriaanse ’n smullekker groentebraai-gereg voorberei. Hy het sy resep met ons gedeel.

Kampkos-Ep13-Langebaan18-of-42-1
Bestanddele

groot eiervrugte

mielies

olyfolie

sout

peper

appels

pekanneute

ongegeurde jogurt

heuning

Metode
  1. Sny die eiervrugte vertikaal in dun skywe. Smeer elke kant met bietjie olyfolie en sprinkel van die braaisout bo-oor.
  2. Pak die skywe op die rooster en smeer dit telkens met olie soos jy dit omdraai en met speserye besprinkel.
  3. Smeer die mielies met botter en pak dit op die rooster. Gebruik die blare om die eiervrugte en die mielies mee te rook: Druk handevol mielieblare reg onder die groente in die vuur.
  4. Vir die poeding kan jy die appels lank voordat jy dit afhaal net só op die rooster sit. Uiteindelik sal hy oopbars en dan kan jy 'n lekker homp jogurt in die middel van die appel laat insmelt.
  5. Breek dan die pekanneute en bedek die jogurt met neute en heuning.
Kampkos-Ep13-Langebaan6-of-42-1
Kampkos Logo
2016-06-30

Kampkos: Pietie se hoender-wrap

Gewildste Resepte