Logo

Prima-rib en balsamiese sampioensosaties

25 Februarie

4 Porsies

Braai

Dié resep vir prima-rib en balsamiese sampioensosatiesis in ’n episode van Toks en Tjops voorberei.

Toks-24Feb-Rib-Roast-1
Bestanddele

Sampioene:

250 g knoppiesampioene

100 ml balsamiese asyn

60 ml sojasous

1 huisie knoffel

t tiemie

sout

peper

Vleis:

1 kg prima-rib

30 g roosmaryn

30 g tiemie

3 huisies knoffel

2 e swartpeperkorrels

1 e koljandersaad

PnP olyfolie

knypie Maldon-sout

Metode

 

  1. Berei 'n vuur in 'n Weber voor en versprei die kole ommedium-hitte te kry.
  2. Meng die gekapte roosmaryn, tiemie en gekneusde knoffelsaam.
  3. Voeg die peper en koljandersade by en meng saam.
  4. Smeer die mengsel regoor die vars prima-rib en masseerdit in die vleis.
  5. Besprinkel met 'n goeie knypie sout en laat marineer.
  6. Meng die balsamiese asyn, sojasous, knoffel en tiemiesaam.
  7. Halveer die sampioene en meng saam.
  8. Laat marineer in 'n vlak bak vir 30 minute, maar roer dit elke10 minute.
  9. As die kole medium hitte bereik het, plaas die rib (met dievetkant na onder) op die rooster en plaas die deksel op dieWeber.
  10. Braai die rib vir 7 minute voordat jy die deksel afhaal en dievleis omdraai.
  11. Volg hierdie proses totdat al die kante gebraai en gaar is.
  12. Plaas die sampioene op die stokkie en borsel goed met diemarinade.
  13. Skuif die rib eenkant op die rooster en plaas die stokkies sampioene op die kole.
  14. Braai dit, en draai elke 2 tot 3 minute om en borsel met die marinade elke keer as jy dit omdraai.
  15. Wanneer die sampioene gaar is, verwyder en plaas op 'n bord en sprinkel met gekapte koljander.
  16. Verwyder die rib van die braai en laat rus die res vir minstens 5 minute voordat jy dit sny.
  17. Sny tussen die bene.
  18. Plaas op die bord en besprinkel met Maldon-sout.
Toks-en-Tjops-Texan-Pork-1
Gebraaide Texan-varksteaks en Meksikaanse mielieslaai
2017-02-13

Gebraaide Texan-varksteaks en Meksikaanse mielieslaai

Gewildste Resepte