Logo

Gebraaide Texan-varksteaks en Meksikaanse mielieslaai

13 Februarie

4 Porsies

Braai

2

Dié resep vir gebraaide Texan-varksteaks en Meksikaanse mielieslaai is in ’n episode van Toks en Tjops voorberei.

Toks-en-Tjops-Texan-Pork-1
Bestanddele

Mielieslaai

6 mielies

1 klein rooikool

30 g grofgekapte koljander

2 sprietuie

suurlemoen

45 g amandelvlokkies

30 ml olyfolie

Slaaisous

200 ml gewone jogurt

1 e gekapte koljander

t sout

2 lemmetjies

1 e heuning

koljandertakkies

Texan-varksteaks

1 kg varksteaks

1 t gemaalde komyn

1 t gemaalde koljander

1 t bruinsuiker

t gemaalde swartpeper

1 t gerookte paprika

knippie sout

30 ml olyfolie

Metode
  1. Berei 'n warm direkte vuur voor en versprei die kole sodat jy medium tot hoë hittekry.
  2. Besprinkel die mielies met olie en gooi sout oor voordat jy dit op die rooster sit omte braai.
  3. Terwyl die mielies gaar raak, marineer die steak.
  4. Meng die gemaalde komyn, koljander, bruinsuiker, swartpeper, gerookte paprika ensout in 'n bak saam.
  5. Smeer die mengsel aan albei kante van die steak en los in die marinade vir 'n paarminute.
  6. Wanneer die mielies gaar is, plaas eenkant om af te koel.
  7. Meng die gerasperde kool, koljander, sprietui en amandelvlokkies saam en geur met suurlemoensap.
  8. Neem 'n skerp mes en sny die mielies van die stronk af en plaas die pitte in die slaai.
  9. Besprinkel die Texan-steak met 'n bietjie olie voordat jy dit op die rooster plaas teenhoë temperatuur.
  10. Braai vir 4-5 minute aan elke kant tot lekker bruin.
  11. Verwyder van die hitte en plaas eenkant vir 3 minute voordat jy dit sny.
  12. Terwyl die steak rus, maak die slaaisous: Plaas die suurroom, koljander, lemmetjiesap en -skil in 'n lang beker en gebruik 'n handmenger om dit te meng.
  13. Geur met sout en heuning, en meng goed deur.
  14. Om voor te sit: Plaas 'n bed van die slaai op die bord en plaas 'n paar snye Texan-steak (sowat 200 g per persoon) daarop. Gooi die suurroomsous met 'n lepel bo-oor en garneer met diekoljandertakkies.

Gesondheidswenk:

  1. Om hierdie resep selfs meer gesond te maak, vervang die gewone jogurt met vetvrye gewone jogurt en moenie amandels byvoeg nie. Verwyder ook enige sigbare vet van die steak voordat jy dit gaarmaak.

 

Toks-en-Tjops-1
Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa
2016-12-03

Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa

Gewildste Resepte