Bou die braaibroodjies: Smeer botter aan een kant van elke sny brood (hierdie kante gaan aan die buitekant van die braaibroodjie wees) Pak helfte van die broodjies neer, dat die botterkant na onder wys. Smeer die snye met marmite, bovril of OXO en bedek mildelik met cheddar kaas. Maak die broodjies toe, met die ander sny brood en laat die botterkant na bo wys.
Braaibroodjies is draaibroodjies. Braaibroodjies moet gereeld gedraai word, en die beste is om dit te braai in 'n toekknyprooster. Jy benodig medium kole en hitte, en plaas jou rooster redelik hoog. Jou doelwit hier is vir die kaas om gesmelt te wees, en die res van die broodjie deurwarm, teen die tyd wat die brood buite bruin en bros gerooster is.
Sodra die broodjies reg is, haal hulle van die rooster af, sny in die helfte en eet die broodjies so gou as moontlik