Logo

Potbraaihoender

25 Desember

4 persone

Braai

4

Vir hierdie weergawe van braaihoender stap ons die dekadente ekstra myl. Jy braai die hoender nie sommer op ‘n rooster of bak dit in jou man-oond nie; jy rooster dit in jou potjie. 

POTBRAAI HOENDER – Jan Braai
Bestanddele

1 sopie Olyfolie

1 Ui fyngekap

1 pak Gerookte streepspek fyngekap

1/2 bol Knoffel geskil en heel

1 Wortel geskil en fyngekap

1 Selderystokkie fyngekap

3 takkies Vars tiemie

1 middelslag Heel hoender

1 sopie Brandewyn

1 koppie Droë witwyn

1 teelepel Sout

1/2 teelepel Swartpeper

1/2 koppie Room

Kapokaartappels / Gekookte wit rys om mee te bedien

1 sopie Vars pietersielie gekap as garnering

Metode
  • Verhit die olie in jou potjie (‘n klassieke-vorm nommer 3-pot is perfek) oor ‘n warm vuur en voeg dan die ui, spek, knoffel, wortel en seldery by. Braai vir omtrent 5 tot 10 minute tot dit begin verbruin.
  • Voeg die tiemie en die hoender by en braai vir nog 5 tot 10 minute. Kry die hoender effens bruin aan albei kante. Hier en daar moet die knoffel en spek ook begin bruin word onder in die potjie.
  • Gooi nou die brandewyn by en krap die bodem van die potjie met ‘n houtlepel om enige donker stukkies los te wikkel. Daardie taai stukkies is geurig, maar jy moet hulle loskrap om die geur vry te laat. Laat die brandewyn vir ‘n paar minute kook totdat dit weggeborrel het en voeg dan die witwyn, sout en peper by. Sit die deksel op en laat dit prut (met die hoender se borskant na onder) oor lae hitte (kole, nie vlamme nie) vir 1½ uur. Draai die hoender dat sy borskant boontoe wys vir die laaste 15 minute van die kooktyd.
  • Gooi nou die room oor en kry die potjie weer aan die prut. Laat prut sonder die deksel vir nog 15 minute, haal dan van die hitte af en laat die gereg vir so 10 minute rus voordat jy opskep.
  • Bedien op kapokaartappels of wit rys gegarneer met die fyngekapte pietersielie
Ontbytbraaibroodjie – Jan braai
Poster 320x480
Sub Titel

Ontbytbraaibroodjie

Gewildste Resepte