Logo

Ontbytbraaibroodjie

20 Desember

6 porsies

Braai

3

Begin jou dag op ’n goeie voet. In ’n perfekte wêreld was jou kampvuur die vorige aand so groot dat daar die volgende oggend nog medium-warm kole oor is vir braaibroodjies!

Ontbytbraaibroodjie – Jan braai
Bestanddele

12 snye Brood

Botter / Olyfolie

1 pak Spek

6 Eiers

240 g Cheddar-kaas gerasper

Blatjang

3 Tamaties in skywe gesny

1 Ui in ringe gesny

Sout

Peper

Metode
  • Die spek moet brosgebraai wees. Die maklikste en lekkerste manier om dit te doen is in ’n rooster op die kole. Pak die stukke spek versigtig uit sodat hulle nie deur die gapings in die rooster val nie, en draai hulle net een keer om. Jy kan spek oor warmer kole as braaibroodjies braai, so chronologies sal dit goed werk. Haal van die vuur af wanneer die spek reg is en kap in rofweg in stukke.
  • Maak roereier in ’n pan of potjie op die vuur. Elkeen het sy eie styl. Ek gooi gewoonlik, botter, olyfolie en al die eiers in die potjie voordat ek vuur toe gaan. Ek roer ook nie te rof nie, want ek hou van ’n bietjie wit en geel detail in my roereier. Sodra dit begin stol, meng jy helfte van die gerasperde kaas by. Wanneer dit omtrent reg is, gaan dadelik aan na die volgende stap.
  • Bou die braaibroodjies: Botter of olie elke sny brood aan een kant (dis die kant wat buitentoe sal kyk wanneer jy eers die braaibroodjie aanmekaar gesit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer, smeer blatjang op hulle en verdeel al die tamatie en uie eweredig bo-op. Maal sout en peper oor. Die bedrewe braaier sal dit alles doen terwyl hy die spek braai en die roereier maak. Verdeel nou die roereier tussen die snye en strooi die res van die gerasperde kaas bo-oor. Laaste sit jy die gebraaide en gekapte spek op. Bedek met die oorblywende snye brood en laat hulle botterkante boontoe wys. 
  • Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld draai en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een - verkieslik ’n rooster met verstelbare diepte sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet redelik ver van die kole af wees. Jou doel is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Jy spring klaar weg met warm roereier in die braaibroodjie, so jou kans op sukses is goed. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster ’n paar keer oop-en-toe maak ná die eerste paar maal se omdraai.
  • Sodra jou braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braaibroodjie te sny, is diagonaal, en die regte tyd om dit te eet, is onmiddellik.
VRYHEIDSVEGTER BURGER – Jan Braai
Poster 320x480
Sub Titel

Die braai-vryheidsvegter

Gewildste Resepte