Logo

Die braai-vryheidsvegter

04 Desember

4 porsies

Braai

5

Jy gebruik 100% suiwer rooivleis om die burger-frikadelle mee te maak en die sous bestaan uit 'n rooi span van die beste bestanddele in die braaiwêreld – bekendes soos rooi-uie, rooi soetrissies, paprika, rooipeper en tamatie.

VRYHEIDSVEGTER BURGER – Jan Braai
Bestanddele

500 g Maer beesmalvleis / hoë-gehalte burgerpatties

4 Burgerrolletjies

Olyfolie

2 Rooi-uie gesny / opgekap

Rooi soetrissies pitte uit en opgekap

2 huisies Knoffel gekneus en opgekap

1 teelepel Brandrissiepoeier / rooipeper

2 sopies Paprika

2 Tamaties opgekap

1 sopie Tamatiepasta

1/2 koppie Beesaftreksel

Sout

Peper

1 koppie Suurroom

Pietersielie

Metode
  1. Vorm die 500 g maalvleis in vier ewe groot 100%-bees patties. Egte beesvleis bind perfek saam vir ’n lekker pattie - moenie enigiets soos uie, broodkrummels, eier, speserye, sout of peper byvoeg nie. Jou twee skoon hande is heeltemal in staat om burgerpatties uit maalvleis te maak, maar ’n burgerpers maak die taak nóg makliker.
  2. Begin met die sous deur olyfolie in 'n potjie te verhit en braai dan die uie en die soetrissies daarin vir ’n paar minute totdat hulle begin sag raak, gooi dan die knoffel by. Uie neem langer om gaar te raak as knoffel, so braai altyd die uie voordat jy die knoffel bygooi. Dit is algemene raad en is nie net vir hierdie resep nie.
  3. Gooi die brandrissiepoeier en die paprika-poeier by en roer dit rond om die geur vry te stel. Voeg nou die tamaties, tamatiepasta en beesaftreksel by en roer om te meng. Kry die spulletjie aan die kook, sit die deksel op en laat prut totdat jy die patties braai. Eintlik wil jy dit laat prut om die geur te laat ontwikkel terwyl die vuur uitbrand en jy kan begin braai. Loer elke nou en dan om die potjie te roer en seker te maak hy kook nie droog nie. Jy wil hê die sous moet verdik, maar jy wil hom nie laat aanbrand nie. Wanneer jy die patties begin braai, haal die deksel van die sous af en laat 'n deel daarvan wegkook tot dit so dik is as wat jy daarvan hou. As jy dit vinniger wil laat gebeur, gee die potjie ekstra hitte van onder. Proe ook nou die sous en gooi sout en peper by as jy dink dit is nodig.
  4. Braai die burgerpatties in ’n rooster op baie warm kole. Mik vir 8 minute se braaityd altesame en draai net een keer. Om te keer dat die burgerpatties aan jou rooster vasklou kan jy ’n kombinasie van die volgende taktiek gebruik: Gebruik ’n rooster met dikker stafies; spuit die rooster vooraf met kleefvrye spuitgoed; pak die patties sagkens uit op die rooster sodat jy hulle nie deur die stafies druk nie; braai oor baie warm kole sodat die patties seël voordat hulle in die rooster insak; wikkel ’n bietjie aan die patties met jou braaitang of ’n spatel sodra hulle begin braai en seël sodat die effens-gebraaide vleis (en nie die rou vleis nie) met die rooster kontak maak. Namate die vleis gaarder raak, sal dit natuurlik van die rooster begin losraak. Nou draai jy net die patties een keer, en doen dit versigtig.
  5. Olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly weg van die woord brand).
  6. Bou die burger: Rolletjie, pattie, Braai-Vryheidsvegter-sous, ’n lepel vol suurroom, opgekapte pietersielie, rolletjie.
CHILLI CON CARNE – Jan Braai
Poster 320x480
Sub Titel

Chilli con carne

Gewildste Resepte